Close

Ons skrywers

Johan Smit
Johan Smith bedien ’n wye spektrum mense, wat insluit jeug, ouers, mans en vroue. Hy is ’n skrywer van jeugboeke asook boeke vir die gesin. Hy is op ’n weeklikse basis betrokke by die bediening van vroue in Pretoria en tree ook as spreker op tydens jeugweke, jeugsaamtrekke, ouerskapseminare en Daniël-mannekonferensies landswyd. Johan is tans Leier: Gemeentefokus by die Morele¬tapark-gemeen¬te in Pretoria. Hy is getroud met Helena en hulle het drie kinders, Louise, Dirk en Marli.
Sophia Kapp
Sophia Kapp

Sophia Kapp skryf die soort stories wat sy self graag lees – liefdesromans. Sy glo onwrikbaar in die liefde en in die helende krag daarvan, maar glo ook dat haar hoofkarakters dieselfde sout as haar lesers moet opeet voordat hulle die vervulling daarvan mag smaak.

Daarom plaas sy haar heldinne binne realistiese, lewensgetroue situasies en laat sy hulle spook met geloofwaardige krisisse waardeur vroue dwarsoor die wêreld en die sosiale spektrum moet worstel: verraad, verlies, egskeiding, affairs, miskrame, middelmisbruik, moeilike tieners, bagasie van vorige verhoudings … Maar vir elke heldin wat bereid is om hierdie krisisse aan te pak en te oorkom, is daar ’n held, ’n man wat by haar pas en haar waardig is; iemand saam met wie sy binne ’n vervullende verhouding geborgenheid vind. En saam met haar op haar reis is daar haar susters – bloedsusters en hartsusters – wat haar optel as sy val, wat haar dra as sy moeg word en wat saam met haar dans wanneer sy feesvier.

Die erflating is in 2008 met die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans bekroon en Huis van die wind in 2012. Sophia was ook twee agtereenvolgende jaar die wenner van die Rapport-prys vir die mees inspirerende dosent in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte aan die Potchefstroomkampus van die NWU.

Sy het ’n MA in tale aan die destydse UOVS behaal en het aanvanklik ’n akademiese loopbaan gevolg, maar sy was intussen al alles, van ’n barrista tot ’n boekhouer in ’n bank. Tans is sy, benewens ’n skrywer, ook taalpraktisyn, vertaler, dosent en lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Sy woon saam seun en drie bedorwe honde in Centurion.

Madelein Rust
Madelein Rust

Madelein Rust is ’n sakebedryfspesialis wat in Johannesburg woon. Sy wen talle toekennings vir haar kortverhale as lid van die Bloemfonteinse skrywersvereniging en van haar werk word gepubliseer in Die Huisgenoot, In ’n Neutedop (Bateleur Boeke) en Sussie Veer is dood en ander verhale (Maskew Miller Longman).

Haar opleiding as mediese skrywer en haar kwalifikasie in die bedryfsielkunde rus haar toe met die kennis om naelbyters te skep wat diep in die mens se psige delf.

Haar debuutroman, Die 13de kaart (LAPA Uitgewers), spandeer agt weke op die Nielsen topverkoperlys en oes vele lofprysinge in van resensente.

Madri Victor, oud-redakteur van Populêre Fiksie by NB Uitgewers skryf: “Hierdie sielkundige misdaadroman is naelbyt-lekkerte. Mag Die 13de kaart slegs die begin van Belia Bell en Madelein Rust wees.”

Alta Cloete, skrywer, sê oor Die 13de kaart: “Die verhaal lewe met ’n hele aantal interessante, oortuigende newekarakters wat menslikheid en egtheid in die milieu van wreedheid en moord indra.”

Skrywersbloed loop in hul are. Rust se twee kinders, Tanya en Nico, is self ontluikende skrywers, terwyl Jaun, Rust se man, haar grootste kritikus en ondersteuner is.

Carla van der Spuy
Carla van der Spuy

Carla van der Spuy is ’n gevestigde vryskutjoernalis wie se werk al jare lank in talle prominente tydskrifte en koerante verskyn. Haar artikels behels ‘n wye verskeidenheid van onderwerpe wat wissel van inspirasie en lewensdrama tot aktueel, humor en rubrieke.

Sy werk as Noordwes-korrespondent vir twee radiostasies en is ook by ’n webtuiste betrokke waar Afrikaanse joernaliste aanlynkursusse kan volg. Carla het gedurende 2008 die meriete toekenning in die Caxton Magazines Excellence Journalist of The Year Awards ontvang. Sy woon in Hartbeespoort saam met haar man, Romano. Haar dogter, Tanya, is ’n woordredakteur en rubriekskrywer by ’n tydskrif in Kaapstad en haar seun Louwtjie, studeer Regte aan Tuks.

Sy bied deeltyds water-aerobiese klasse aan, is gek na kunstefeeste soos die KKNK, kuiertjies in die Kaap en die Klein Karoo, en lees uiteraard baie vir navorsing vir haar stories. Sy glo dat ’n mens die ekonomie kan oorleef deur aanpasbaar te wees en jouself nooit uit die mark te prys nie.


Ilse Salzwedel
Ilse Salzwedel

Ilse Salzwedel is ‘n joernalis en skrywer van Johannesburg. Daar het al vier boeke uit haar pen verskyn: Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee (2011), die baie gewildeBloedsusters (2011), Onvertelde Stories van Afrikaans(2012) en Selna Visser: My hel in Dubai (2013). Sy is ook die vertaler van Dwelmslagoffer: die Vanessa Goosen-verhaal, wat in April 2013 vrygestel is, en Blood Sisters, haar eie boek, in 2012.

Ilse is onder meer bekroon met ʼn ATKVeertjie, ʼn Pica en drie Caxton-toekennings, en is in 2009 deur die FAK vereer met die H.B. Thom-toekenning vir ʼn besondere bydrae tot die Afrikaanse joernalistiek.

Sy is tans verantwoordelik vir die gewilde boekprogram, Skrywers en Boeke, op RSG.

 Wat skryf sy die graagste? “Stories oor gewone mense. Dis wonderlik om te hoor hoe mense aanpas, oorleef, planmaak en sukses behaal – dikwels ten spyte van baie hindernisse op hul lewenspad.”


Dibi Breytenbach
Dibi Breytenbach

Dibi Breytenbach kan nie ’n tyd in haar lewe onthou dat sy nié geskryf het nie. Die lewe wat tussen die buiteblaaie van ’n boek gebeur, is nog al die jare ’n baie belangrike aspek van haar lewe. Sy het egter eers haar hand aan ’n roman gewaag nadat sy haar in haar professie gevestig het.

’n Liefde vir woorde, stories en mense het haar genoop om haar in die regte te bekwaam en sy werk al baie jare in die strafregstelsel, veral met kindersake. Sy het eerstehandse kennis oor hóé die stelsel sy jong slagoffertjies hanteer en hoewel daar baie hartseer en tragedie te vinde is in hierdie omgewing, verstom die kinders haar altyd met hulle deursettingsvermoë en vergewensgesindheid.

Saliger is ‘n debuutroman wat afspeel teen die agtergrond van misdaad en vergelding, straf en vergifnis – die milieu waarin Dibi haar elke dag bevind.

“Ek het dit baie geniet om hierdie vars bries van ʼn verhaal te lees. Dis vlot en pittig geskryf. Die roman lewer wonderlike sosiale kommentaar sonder om té swaarwigtig te raak.” Chanette Paul, LAPA se manuskripontwikkelaar


Henk Breytenbach
Henk Breytenbach

Henk Breytenbach is ’n debuutskrywer en word deur Chanette Paul aangeprys: “Dié skrywer het ’n heerlike skryfstyl en die droë humor is baie vermaaklik. Dis ook nie sommer enige skrywer wat dit regkry om ’n mens te laat hou van ’n man wat werklik nie die good guy is nie. Henk slaag egter uitstekend daarin om die sogenaamde flawed hero uit te beeld.” Sy skerp sin vir humor sorg vir genotvolle oomblikke in ’n Bonnie and Clyde-tipe storie. 

Henk het B.Sc. in Rekenaarwetenskap. Hy werk en woon in Hartebeespoortdam. Hy word veral geboei deur die wel en wee van voormalige agente van die formele intelligensie-agentskappe, die ou apartheidspioene, en wonder dikwels wat van hulle geword het. Dit is rype grond vir spekulatiewe fiksie en die resultaat is sy eerste spanningsroman. 


Brand Pretorius



Kath Megaw



Keina Swart

Keina het haar meestersgraad (cum laude) in Joernalistiek op Stellenbosch behaal en daarna vir twee jaar by Beeld in Pretoria gewerk, hoofsaaklik as hofverslaggewer. Daarna het sy platteland toe getrek agter die liefde aan en op Bela-Bela (die ou Warmbad) nesgeskop en by die plaaslike koerant, Die Pos, ingeval. Sy is die afgelope 14 jaar redakteur en mede-eienaar van dié streekkoerant, wat in 2013 ’n ATKV-Veertjie ontvang het as Beste Dorpskoerant in die land. 

In die 20 jaar by die koerant is sy vier keer deur Sanlam vereer as een van die Land se Top Tien Joernaliste en ook as Rubriekskrywer van die Jaar aangewys. Van haar skryfwerk word gebruik in Rooi Rose, Baba & Kleuter, Lééf, Rapport, Beeld se By-bylae, Weg! Platteland en elders. Sy is deesdae gereelde rubriekskrywer vir Die Burger.

Wat Dokter Snollieneus nie Kan Doen Nie (2007)

Hoekom Praat Grootmense So Snaaks? (2010); Protea Boekhuis

Bleek Bennie se Woeste Hoes (2011); Protea Boekhuis

Bloujaar (2014); Protea Boekhuis

Die Potlooddief se Bruid en ander stories (2015); Protea Boekhuis

Hoekom Praat Grootmense so Snaaks? Is in 2011 met ’n ATKV-Veertjie vir Kinderlektuur bekroon.

m Praat Grootmense So Snaaks? (2010); Protea Boekhuis

Bleek Bennie se Woeste Hoes (2011); Protea Boekhuis

Bloujaar (2014); Protea Boekhuis

Die Potlooddief se Bruid en ander stories (2015); Protea Boekhuis


Johan Badenhorst

Johan is gebore in Durban in 1959. Laerskool was op Nongoma in Kwa Zulu, en hoërskool op Empangeni aan die Natalse Noordkus.

Universiteitsopleiding was aan die Universiteit van Pretoria (B Iuris in 1983) en die Randse Afrikaanse Universiteit (BA Hons in 1988).

In 1986 het hy voltyds by die SAUK aangesluit as televisiejoernalis. Na vyf jaar by die SAUK het Johan in 1990 aangesluit by Scholtz Films. Johan het ook in die tyd begin werk as vryskut aanbieder van die natuurlewe program “50/50”.

In 1994 het hy sy eie produksiehuis, Kew Produksies, op die been gebring. Aanvanklik het die maatskappy gespesialiseer in landboutelevisie en dokumentere programme. Johan is egter in die onlangse verlede meer bekend vir die Voetspore Avontuur Dokumentêre reeks. Die programme het hom en sy span die afgelope 15 jaar geneem na al die uithoeke van die Afrika vasteland. Dit sluit in reise in Suidelike Afrika, maar ook ʼn Kaap na Kaïro-, Casablanca tot die Kaap en Voetspore op die Ewenaar. Oor die tyd perk het hy sowat 220 000 km op die kontinent afgelê, en meer as 30 Afrika lande besoek.

Die mees onlangse reis was Mosambiek tot by Djiboeti. Die reis staan bekend as Voetspore in die Groot Skeurvallei.

Grootste invloed op Johan se werk was die filmmaker Jan Scholtz en skrywer Pieter Pieterse.

Johan het reeds nege boeke die lig laat sien – reisjoernale gebaseer op die televisiereekse, asook twee  “Voetspore Kookboeke”.

Johan is getroud met Alma en hulle het drie kinders – Nina, Heleen en Streicher. Hulle woon in Pretoria.

Erika Murray-Theron
Jeanette Ferreira

Jeanette Ferreira is gebore op 20 April 1954 en word groot op die familieplaas Deerpark, naby Tzaneen in die Laeveld. Sy voltooi haar skoolloopbaan aan die Hoër Landbouskool Merensky en verwerf die grade BHons en MA aan die Universiteit van Pretoria, en PhD aan Rhodes Universiteit. Sy doseer Afrikaanse letterkunde aan verskeie Suid-Afrikaanse universiteite en word in 1993 tot professor bevorder. In die jare 1988 en 1989 is sy voorsitter van die Afrikaanse Skrywersgilde. Sy was vir tien jaar redakteur aan verskillende uitgewerye en later uitgeweryhoof.

Sy publiseer twintig boeke in verskillende genres, ook ontspanningsliteratuur. Haar vroeëre kreatiewe werk het ’n sterk politieke inslag en sentreer om die demokratiseringsproses in Suid-Afrika, maar haar latere werk konsentreer op die groter mensliker vraagstuk van oorlog, in die besonder die drie romans wat oor die Anglo-Boereoorlog handel, Babette, Catharina en Charlotta. Die Universiteit van Johannesburg het in Julie 1999 Babette as ’n Engelse musiekspel aangebied met ’n speelvak van twee weke. Haar nuutste roman, Die son kom aan die seekant op, het in 2007 verskyn en handel oor Louis Tregardt se trek.

Dr. Ferreira resenseer literatuur vir verskeie dagblaaie en elektroniese blaaie. Tans is sy ’n vryskutredakteur, -keurder en -manuskripontwikkelaar vir verskeie Suid-Afrikaanse uitgewerye en sy bied skryfkursusse aan. Sy is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

e lig laat sien – reisjoernale gebaseer op die televisiereekse, asook twee  “Voetspore Kookboeke”.

Johan is getroud met Alma en hulle het drie kinders – Nina, Heleen en Streicher. Hulle woon in Pretoria.

Fransjohan Pretorius

Fransjohan Pretorius is emeritus-professor in Geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria. Hy het aan die Universiteit van Pretoria, Unisa en die Universiteit van Leiden studeer. Hy is die skrywer of redakteur van agt werke oor die Anglo-Boereoorlog. Kommandolewe tydens die Anglo-Boereoorlog (1991) het drie toekennings ontvang, onder meer die Recht Malan-prys. Die Engelse uitgawe was naaswenner van die Sunday Times Alan Paton Award. Hy is redakteur van Geskiedenis van Suid-Afrika: Van voortye tot vandag (2012). In 1998 het hy die Stalsprys vir Geskiedenis ontvang. Hy is voorsitter van die Geskiedeniskommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en dien op die raad van die Akademie.

Karien Basson

Karien Basson is ’n gekwalifiseerde Transformation Coach, NLP Life Coach, NLP Practitioner en Negative Emotional Therapy™ Practitioner. Ná tien jaar in die media-bedryf as joernalis en radio-aanbieder is sy ’n bekende stem op Tygerberg 104FM in die bekroonde program Vuurvas. Sy is ook genomineer vir die beste middag-spitstyd-aanbieder in 2013. Karien is die wenner van die 2014 MTN Bright Star-toekenning en is saam met haar Sportnuus-spanmaats Arnold Geerdts en Anton Treurnich genomineer vir beste sportprogram in 2014. Sy is getroud met Shawn Basson en hulle was betrokke by die jeug- en studente-bediening in Pretoria. Deesdae woon hulle in die Strand en belê hul tyd in die Kingdom Light Church. Karien is spreker en ’n skrywer van vyf boeke en het ook ’n blog met meer as 3 000 lesers. Dié pastoorsvrou het ’n groot hart vir gemeenskapswerk, dierebeskerming en sport.

Lindie Strydom

Lindie het ‘n passie om die invloed van media tot voordeel van die koninkryk en gemeenskap in te span. Sy het 12 jaar lank in die sepie Egoli gespeel waarna sy as projekorganiseerder van Helpende Hand gedien het. Vandag is sy spreker en skrywer, aanbieder van Geloof, Hoop en Liefde en handelsmerkbestuurder van GROOTfm 90.5.


Milanie Vosloo

  • Milanie Vosloo is ’n topverkoper-outeur wat deur haar boeke al duisende vroue se lewens verander het. Met haar opregte en eerlike manier kry sy dit reg om die hart en siel van ’n vrou te raak en aan haar lesers hoop te bring. Milanie is al meer as dertig jaar die besturende direkteur van haar eie reklameagentskap, Uppe® Marketing, wat al groot suksesse onder haar leiding behaal het. Sy is getroud met Johan Vosloo, het twee kinders, Marizelle en Johan en ʼn kleinkind, Clara.



Magriet Smit
  • Magriet Smit is die stigterslid van Word4WordRT/Projects, ‘n nie-winsgewende organisasie wat passievol is oor die opleiding en implementering van die leesprogram. Sy was ook die nasionale koördineerder vir e-kerk se projekte. Magriet, wat die Me. Hoop Suid-Afrika 2015-titel dra, was van jongs af betrokke by jeugwerk en jeuginisiatiewe. Sy het ‘n 8 jarige seun met die naam Niel.




Dr. Adrio König

  • Adrio König was vir meer as veertig jaar aan Unisa verbonde. Onder sy leiding is die grootste departement van Sistematiese Teologie en Etiek ontwikkel met dosente uit talle kerklike tradisies. Dit het by hom ’n merkwaardige openheid vir ander standpunte laat ontwikkel, maar terselfdertyd die oortuiging versterk dat daar grense vir ons geloof is.
  • Sy grootste belangstelling is die Bybel self, en veral die vraag of daar nie dalk meer in die Bybel staan as dit wat ons glo nie. In elke boek probeer hy ons geloof uit die volheid van die Bybel toets en verryk.
  • Adrio is getroud met Hermien. Hulle het drie kinders, Mari, Carina en Friedrich, en vier kleinkinders, Guillaume, Helet, Wiets en Ilani. En almal dien die Here.



Elize Parker

Elize Parker is ’n gewilde skrywer van Christelike romans, dagstukkie- en geskenkboeke, radio-aanbieder en joernalis. Sy is be­kend vir haar kinderprogramme en as troostante vir die tydskrif Huisgenoot. Elize tree ook as motiveringspreker op. Sy woon in die Kaap.

Jannie Putter

  • Jannie Putter het in Potchefstroom grootgeword. Hy het aan die Noordwes-Universiteit studeer en verwerf sy BA-graad in 1987, sy honneursgraad in Sielkunde in 1988 en sy honneursgraad in Sportwetenskap in 1989. Hy voltooi sy meestersgraad in Sportsielkunde in 1994. Hy het provinsiaal rugby gespeel en is ook genooi na die Springbok-proewe. Jannie is in 1994 met Tertia (’n biokinetikus) getroud en hulle het twee kinders. Jannie was van 2006 tot 2010 “mental coach” by die Blou Bulle. Later het hy ’n program ontwikkel oor mentorskap wat met groot sukses geïmplementeer is. Hy bied kursusse aan vir ouers, afrigters, sakelui en sportlui. In 2014 verskyn Wenplan vir jou kind se lewe, en die Bybelmedia/Cordistrust-pys vir 2015 word toegeken aan Jannie vir hierdie uitsonderlike publikasie.


Schalk Schoombie





Charl-Pierre Naudé





Emma Bekker





Loftus Marais





Hein Kruger

Kom uit onder die slawejuk van skuld en stres en kry beheer oor jou
finansies. Hein Kruger, bekende entrepreneur en geldkenner, verduidelik in
maklike geselstrant hoe jy jou geldsake kan regruk en bestuur. Jy kán:
ontslae raak van skuld
reg begroot
jou besteding beheer
jou geld ten beste belê
en in vryheid jou geld tot eer van God bestuur.



Derick van der Walt

Derick van der Walt is in Virginia in die Vrystaat gebore, maar het in Johannesburg grootgeword. Die gesin het aan die begin van sy hoërskooljare Pretoria toe getrek waar hy matriek aan Affies geskryf het.
Hy het ‘n honneursgraad in kommunikasiekunde en het verlede jaar ‘n M* in kreatiewe skryfkuns aan Tukkies voltooi.

Derick is die eienaar van Greenpepper-kommunikasiekonsultante, ‘n firma in Pretoria wat in die produksie van korporatiewe publikasies spesialiseer. Hy skryf deeltyds kreatief.

Hy is getroud met Lenie en hulle het drie groot seuns, Tjaart, Werner en André.

Derick is gek oor alle soorte musiek, boer in die fliek as daar tyd is, lees alles wat leesbaar is en hou baie van lekker kos en koue wyn. Die gesin is ook Blou Bul-ondersteuners in lewe en in sterwe.

Sy drie jeugboeke, Lien se Lankstaanskoene, Willem Poprok en Hoopvol is met Sanlampryse vir Jeuglektuur bekroon. Lien en Willem het ook elk ‘n MER-prys ontvang. Lien het ook ‘n internasionale Ibby-toekenning ontvang. Dié boek is onlangs verfilm en wys tans in teaters oral in Suid-Afrika. Hy het in Junie vanjaar die Scheepersprys vir Jeuglektuur van die Akademie vir Wetenskap en Kuns vir Willem Poprok ontvang. Sy eerste boek vir volwasse lesers, Daan Dreyer se blou geranium, het in 2012 verskyn.

Bambaduze is sy nuutste toevoeging tot jeuglektuur.


Eunice Basson
Erika Murray-Theron
Irma Venter
Gerda Taljaard
Dana Snyman


Dana Snyman is bekroonde skrywer met ’n rits topverkopers agter sy naam. Hy skryf gereeld vir Die

Burger, Beeld, By en veral Huisgenoot, waar hy sedert 2014 feitlik eksklusief werk. Dié tydskrif, die grootste in Suid-Afrika, het hom talle nuwe volgelinge besorg.

Dana is ook aktief op sosiale media en het meer as 5000 volgelinge of Facebook.

In sy nuutste boek het Dana van sy ware ontmoetings
geboekstaaf – ontmoetings met mense, maar soms ook met
dinge – die vleispastei, of tuisgemaakte braai-apparate. Die
stories het hy aanvanklik op Facebook gepos. Die wat die
grootste reaksie gekry het is hierin verwerk. ’n Ware
interaktiewe Suid-Afrikaanse boek.