Close

August 5, 2017

Sonet Maré

Ek het in 2015 gematrikuleer aan die Hoërskool Erasmus in Bronkhorstspruit, waar ek grootgeword het.

Ek is besig met ‘n BSc graad in Wiskundige Statistiek deur die Universiteit van Suid-Afrika, en is in my tweede jaar. In my vrye tyd rig ek gimnastiek af. Ek het nog altyd ‘n liefde vir lees gehad en spandeer graag ‘n hele dag met boeke.

My beplanning is om, nadat ek my graad voltooi het, ‘n Honneurs in Statistiek te voltooi, asook die nodige eksamens om as ‘n Aktuaris te kwalifiseer. My passie vir syfers kom al van kleityd af en ek het nog altyd geweet ek wil eendag ‘n loopbaan in Wiskunde volg.

Sonet is ‘n Atterbury-beurs student en een van ons vrywilligers by Boekejol 2017

Leave a Reply