Jean-Pierre Erasmus
Dagsê, my naam is Jean-Pierre Erasmus.
Ek is ʼn analis wat fokus op die kleiner besonderhede. Ek kyk na ‘n probleem as ʼn geheel, breek dit in kleiner dele op, los dan die verskillende komponente op en sit dan alles weer as ʼn geheel bymekaar.
Ek studeer tans BCom ondernemingsbestuur by Akademia (Die mees dinamiese en innoverende Afrikaanse Universiteit wat bestaan).
Ek kom van ʼn klein kusdorpie in die Wes-Kaap met die naam Stilbaai, ʼn plek mooi genoeg om enigiemand se hart te steel. In my spaar tyd geniet ek ʼn rowwe 4×4, tyd langs die viswaters en ʼn ontdekkingsreis saam met my familie en vriende.
Ek beoog om in 2018 graad te vang waarna my kompas in die rigting van aptekerswese en ʼn reis regoor die wêreld wys.