Close

August 5, 2017

Dineo Ditibane

Dineo Ditibane

Dineo Ditibane is ‘n Atterbury beurs-student wat help om Boekejol 2017 glad te laat verloop

My naam is Dineo Olga Ditibane, van Pretoria. Ek is 20 jaar oud en ‘n 1ste jaar student by Unisa.

Ek wil graag my eie toeragentskap begin na ek my graad ontvang het. My doel met die agentskap is om te help bou aan die ekonomie en ook om werksgeleenthede te gee an mense met dieselfde passie vir toerisme as ek.

Ek het ‘n passie vir dans en daarom sal ek graag eendag my eie dans-studio besit sodat ek verskillende dansstyle kan aanbied vir mense van alle ouderdomme.

Ek dans, oefen, sing en lees graag boek in my vryeyd. Ek is ook iemand wat avontuurlustig is, hou van die natuur en graag tyd saam met familie en vriende deurbring.

Leave a Reply