Close

August 5, 2017

Chimone Kapp

Chimone Kapp

Chimone Kapp help om die ervaring vir ons besoekers aangenaam te maak by Boekejol 2017

Ek is Chimone Kapp – ‘n besigheidstudent deur die wêreld gefassineer.

Ek is passievol oor die interseksie van lande, daarom strewe ek ‘n loopbaan in internasionale sake na.

Die wêreld is ‘n klein plek en my doel is om dit nog kleiner te maak, deur verskeie gapings oor lande in die sake-sin te oorbrug. Oprah het eenkeer iets gesê wat by my vasgesteek het: ‘As jy beter weet, kan jy beter doen.’ Dit is my filosofie in die lewe. Ek wil verandering in gebiede voortbring wat dit die meeste benodig en ek beplan om dit te doen deur middel van onderrig.

So, in ‘n neutedop, is ek ‘n reis-lus jong dame met groot drome van ‘n wêreldwye loopbaan en om intussen ‘n verskil te maak. Dis ek – Chimone Kapp.

Leave a Reply