Close

August 5, 2017

Andrea Erasmus

Andrea Erasmus

Andrea Erasmus is een van die studente van Akademia, Centurion wat by Boekejol help om dinge glad te laat verloop

 Aangenaam, ek is Andrea Erasmus, ‘n twintigjarige, Afrikaanse student, wat in 2015 aan Hoërskool Hartbeespoort gematrikuleer het. 

Ek is ook ‘n tweedejaar Elite-beurs student wat Bcom Ondernemingsbestuur aan Akademia, Centurion kampus studeer.  

Ek lees graag fiksie en stel baie in geskiedenis belang.  Ek het ‘n oog vir spelling en grammatika.  Ek is doelwit gedrewe en hou daarvan om met mense te werk.  

Loopbaan-gewys wil ek graag in die veld van Projekbestuur inbeweeg.  

Tradisie speel ‘n groot rol in my lewe en my familie is vir my baie belangrik.  

Leave a Reply