Close

July 14, 2015

Ontmoet die skrywers

Sit_aan_met_oorspronklikDie Boekejol bied aan die publiek ‘n geleentheid om hul gunsteling skrywers van nader te leer ken. Op Donderdag 27 Augustus om 08:30 tot 11:00 sal meer as 35 skrywers hul sitplekke by die Parkview Barnyard (oorkant die Pretoria-Oos hospitaal) inneem en rondom kuierkos staaltjies en skryfgeheime deel. Sit aan met… kos R120 per persoon en jy kan jou plek bespreek aan ‘n spesifieke skrywer se tafel. Skrywers wat teenwoordig gaan wees sluit onder andere in: Johan Bakkes, Irma Venter, Jeanette Ferreira, Sophia Kapp, Ilse Salzwedel, Lindie Strydom, Jannie Putter en Derick van der Walt.

Kaartjies is by Graffiti Boeke beskikbaar.