Close

July 14, 2015

FilmRol

Daar kan op Donderdag 27 Augustus om 09:00 uitgesien word na die herlewing van ‘n goue ou film, Stuur groete aan Mannetjies Roux. Stuur groete aan Mannetjies Roux is die Afrikaanse rolprent oor ’n tienermeisie wat haar oom en tante besoek op hul Karooplaas tydens ’n skoolvakansie. Dan begin ’n ontdekkingsreis: sy moet uitvind wie sy werklik is en waar sy vandaan kom. Drie besoekers in een week verander haar lewe onherroeplik en haar oom se obsessie met die drie van Mannetjies Roux word ook helaas verklaar. “Dit is ’n drama, nie ’n musiekblyspel nie,” sê Christopher Torr, wat die storie van die fliek geskep en saam met sy seun, Simon en Sallas de Jager, die draaiboek vir dié fliek geskryf het. Piet de Jager, bekende vervaardiger van Roepman en Verraaiers gaan na die vertoning met Rafiz Jajbhay gesels oor die skryf van Draaiboeke vir Afrikaanse films. Kaartjies teen R50 is by Graffiti Boeke beskikbaar.