Close

July 14, 2015

Boekbesprekings

Pretoria se eerste BoekeJol en FilmRolfees word vanaf 26 tot 29 Augustus deur Milestone Events aangebied by die Lynnwood Bridge sentrum. Bekende skrywers sal hul nuutste boeke bespreek en aan die publiek geleentheid gee om hul beter te leer ken. Die boekbesprekings sal by Graffiti Boeke en City Lodge Lynnwood aangebied word. Die skrywers sluit in: Dana Snyman, Corlia Fourie, Keina Swart, Carla van der Spuy, Hein Kruger, Karien Basson, Deborah Steinmair, Gerda Taljaard, Dibi Symington, Henk Breytenbach en Madelein Rust. Kry jou kaartjies vir die boekgesprekke teen R45 by Graffiti Boeke in die Lynnwood Bridge sentrum.