Close

July 14, 2015

Aktuele gesprekke

Anglo_BoereoorlogDaar word verskeie aktuele gesprekke tydens die BoekeJol en FilmRolfees bespreek waar die gehoor ook ‘n geleentheid sal kry om saam te gesels by Citadel se kuierarea. Daar word onderskeidelik gesels oor Besigheid, Leefstyl en dieet, Geestelike aspekte en die Anglo Boere-oorlog. Kaartjies is by Graffiti Boeke beskikbaar.
Die temas is:

  • Mense verlaat bestuurders, nie besighede nie.
    • Brand Pretorius, Louis vd Watt en Theo Vorster
  • Boeke: Kosrevolusie vir kinders en volwassenes – Leefstyl versus diet
    • Kath Megaw, Dr. Charles Lubbe en Sophia Kapp
  • Praat die kerk teveel oor haarself? – Geestelike gesprek
    • Lindie Strydom gesels met Jaco Strydom
  • Insig of Vergelding – Die Anglo Boere-oorlog
    • Jeanette Ferreira, Albert Blake, Fransjohan Pretorius en Prof Jackie Grobler.