Sluipmoordenaar van die staat
Op Saterdag 29 Augustus om 09:30 word die Atterbury Teater in ‘n kookpot van bespreking omgeswaai. Prof. Kobus van Rooyen, voorsitter van die Uitsaaiklagtekommissie en voorheen voorsitter van die Appèlraad op Publikasies én die Persraad, gesels met skrywer Anemarie Jansen oor haar besoeke, onderhandelinge en uiteindelike skryf van die boek: Eugene de Kock – Sluipmoordenaar van die staat.
Prof Kobus is ʼn deskundige oor nuusdekking, redaksionele beheer en onafhanklikheid sowel as internasionale spraakvryheid en sensuur. Daar sal geleentheid wees vir die gehoor om vrae te vra na afloop van die bespreking.
Die manne van CH2 sal die musikale lafenis verskaf tydens die gesprek.
Kaartjies kos R150 per persoon.