Close

July 8, 2015

Op reis met stories en musiek

Plakkaat-NO2_print-readyOp Donderdag 27 Augustus om 19:00 sal die gehoor by die Atterbury Teater met pragtige stories van die drie reisigers in Suid Afrika en Afrika vermaak word. Die enigste roos tussen die dorings sal die nimlike Anna Davel wees, wanneer sy ook van haar gunsteling musiek met die gehoor deel. Johan Badenhorst, C Johan Bakkes en Dana Snyman het geen bekendstelling nodig nie. Hul lewensryke en soms kostelike beskrywings van die mense en plekke wat hul al besoek het, laat elke luisteraar verwonderd oor ons wêreld. Hul boeke sal by die geleentheid te koop aangebied word. Kaartjies kos R150 per persoon.