Close

July 8, 2015

Maak die media nog plek vir die kunste?

Plakkaat-NO3_print-readyOp Vrydag 28 Augustus om 19:00 word ‘n knellende tema by die Atterbury Teater bespreek. Top mediakenners vorm deel van die gesprekspan. Freek Robinson gaan met Adriaan Basson van Media 24, Kobus Burger van RSG en skrywer en dramaturg, Schalk Schoombie gesels om uit te vind of hulle dink dat die media ruimte laat vir die kunste. Amanda Strydom voeg haar wonderlike stem tot die gesprek, maar sal musiek lewer wat elke aanhanger en nuwe luisteraar se smaak sal laat opvlam. Kaartjies kos R150 per persoon.