Close

July 8, 2015

BoekBohaai – Die lewensare van Afrikaans

Plakkaat-NO1_print-readyOp Woensdag 26 Augustus om 19:00 sal die BoekBohaai by die Atterbury Teater plaasvind en sal daar ‘n wit-warm gesprek met die tema: “Die lewensare van Afrikaans” deur Tim du Plessis gelei word. Sanger Chris Chameleon, Solidariteit se Flip Buys en die ATKV se Dr. Danny Titus sal aan die debat deelneem. Musiek sal deur Gisela de Villiers en Robert Brooks verskaf word wanneer hulle hul unieke weergawes van die FAK se liedjies deel. Die FAK met stiletto’s sal dus ‘n genotvolle musikale reis deur die Afrikaanse geskiedenis wees. Kaartjies kos R150 per persoon.